T: +27 (13) 235 3891

C: +27 (82) 524 8391

Articles

Back to Articles

Impact of increased labour wages on the potato industry

Wat het die prys van goud en die waarde van moere met mekaar te doen?

Teen vandag se goudprys en wisselkoers, kos een kilogram fyngoud sowat R420 000. Dit beteken dat indien 'n boer twee ton moere/ha onder 'n 40ha spilpunt plant, hy net sowel 1kg goud kon koop. Die doel van beide goud en moere is om is geld te maak wanneer hulle waarde verhoog. Maar dis waar die ooreenkoms ophou. Goud kan in 'n kluis gebere en uitgehaal en verkoop word wanneer die internasionale goudprys reg is. Moere is waardevolle plantmateriaal wat geplant en baie mooi vir meer as 100 dae versorg moet word voordat enige wins ter sprake is. Dit is dus voor die handliggend dat 'n boer sy moere met groter sorg moet aankoop en versorg as goud. Hieronder is riglyne vir die hantering van moere.

Aanvaar dat gesertifiseerde moere nie siektevry is nie

Gesertifiseerde moere voldoen wel aan spesifieke vereistes en toleransies, soos uiteengesit in die Sertifiseringskema. (Chips van Mei 2012: Hoekom gesertifiseerde moere plant? – Sanette Thiart). In die praktyk, is dit slegs in vitro plantjies en miniknolle wat siektevry is. Sodra miniknolle in grond uitgeplant word, word dit blootgestel aan risiko om met een of meer siektes besmet te raak. Elke jaar wat hulle geplant word, verhoog daardie risiko. Dit is egter ook moontlik dat moere selfs na verskeie aanplantings steeds virusvry kan wees. Verkry dus 'n grondige kennis van die sertifiseringskema en verstaan die voordele en die beperkings van gesertifiseerde moere. 'n Kopie van die Suid Afrikaanse Aartappelmoersertifiseringskema is beskikbaar op: http://www.potatocertification.co.za/certification/south-african-seed-potato-certification-scheme.aspx

Talle tafelaartapelboere was al teleurgesteld omdat hulle aanneem dat die gesertifiseerde moere wat hulle geplant het, vry is van enige siekte. Teoreties kan daar in 'n lot van G5-moere tot 8% knolle besmet wees met swartskurf, 1% met puntjie vrot, 1% met aalwurm, 3% met aartappelmot, 15% met silwerskurf/swartspikkel, 0,2% kan rypskade toon en 3% kan met virus besmet wees. By G3 knolle word baie minder besmetting toegelaat, terwyl groter toleransies vir G7 en G8 moere toelaatbaar is.

Kom meer te wete oor aartappelknolle

(Bogenoemde is 'n hele mond vol en sal in 'n opvolgartikel in meer detail bespreek word.)

Weet wat moerkwaliteit is

'Quality is the fitness for use'. In die geval van moere beteken dit goeie kwaliteit moere wat in staat is om gesonde groeikragtige plante te vorm, wat 'n goeie opbrengs van kwaliteit knolle binne 'n redelike tydperk kan lewer (Struik en Wiersema, 1999). Kwaliteit van moere word bepaal deur verskillende aspekte:

(Bogenoemde sal ook in 'n opvolgartikel bespreek word.)

Die Sertifiseringskema het voorskrifte om kultivaregtheid te verseker en siektestatus te kwantifiseer. Die Skema is egter nie voorskriftelik ten opsigte van die grootte, knoltelling, fisiologiese toestand en ouderdom van moere nie. Om hierdie aspekte van moerkwaliteit te verseker, is goeie kennis van die Skema, knol- fisiologie en goeie kommunikasie tussen die verskaffer en die koper van moere noodsaaklik. Die aksies wat in die volgende afdeling bespreek word, is waarskynlik die belangrikste in die hele proses van aankoop van moere. Dit is waarskynlik op hierdie stadium die stap wat die minste aandag kry.

Voor en tydens aankoop van moere

Vervoer van moere

By aflewering

Opberging op die plaas

Plant

Credits
CHIPS Magazine South Africa ; Sept - Okt 2012 issue; pg. 30-32.

Visit our gallery...

Gallery
Close

Thank you!

A representative from PSP will be in contact with you shortly.
Please continue to browse www.potatoseed.co.za

Close

Oops something went wrong!

Please try sending the message again.

Close

Information Protection Policy

No data transmission over the Internet can be guaranteed to be 100% secure and therefore Potato Seed Production cannot ensure or warrant the security of any information transmitted to us and therefore you should do so at own risk.

We undertake not to sell, distribute or disclose any information about you or your usage of the site without your consent, unless if permitted to do so by law. Information may include the answers that you may provide on our website when we require you to answer various questions and in turn we send you information that we believe that you might be interested in.

Please note that when we provide links to other sites (not covered by our privacy policy), it is your responsibility to kindly first view their privacy policy before revealing any confidential information about yourself.

We would appreciate if you could please inform us of any information about yourself that may have changed by sending us an e-mail to info@potatoseed.co.za. We may use the information of our services that have been found to be of particular interest to you, unless you specifically request us from doing so.

Your information may be transferred to another company in the event of sale of our company to a third party. In that event, we will endeavour to ensure that your rights in respect of processing such data are protected as far as possible.

If at any time you wish to stop receiving our Newsletter or any other information that you may have requested from us, please send us an e-mail to info@potatoseed.co.za and inform us accordingly.